Volwaardige Volwassene…

“Ek wens jy wil grootword…jy tree soos n kind op.” 

Klink die sin vir jou bekend? Ek het gedink dit sal, ja. Want almal van ons het al een of ander tyd met hierdie stelling te doen gehad…of dit nou aan die ontvangkant  of die uitdeel kant was.

As ek nou die stelling sou verander in n vraag:  

(Wanneer is jy groot of eerder Wanneer is jy volwassene?)

 Sou jy die regte antwoord kon gee?

Is daar n regte en verkeerde antwoord?

Die algemene antwoord is seker as jy n seker ouderdom bereik? Regtig? Hoekom gebeur dit dan so dikwels dat jy vir iemand van tussen 25 en 30 se: Word net groot asseblief. 

So ek dink nie ouderdom kan as n goeie maatstaf gebruik word nie…Dit kan slegs as n riglyn gebruik word.
Ja hier gaan ek al weer, vra 1 vraag en soos ek die vraag antwoord ontstaan daar net meer vrae…dis n snowball effek. 

Kom ons kyk wat is die comments wat geplaas gaan word oor wat beskou elkeen as die mees belangrikste eienskap van Volwassenheid. 

Ek sal die vraag eerste beantwoord. 

My antwoord is soos volg:

Die dag wat jy begin verantwoordelikheid aanvaar vir wat gebeur en ophou om ander die skuld te gee…dis die dag wat jy groot is.

Hou op ander te blameer vir jou foute. Hou op om ander die skuld te gee vir dit wat verkeerd loop…Take responsibility for a change en admit dat jy, en jy aleen is verantwoordelik vir jou denke en optrede. Jy is die brein agter alles. Jy is die een wat die finale keuse gemaak het…

Kom ek verduidelik dit eenvoudig:

Jy moet 8uur by die werk wees. Wat doen jy? Jy stel n reminder of n wekker of iets om jou wakker te maak. As jy nou verslaap omdat jy nie n wekker gestel het nie…wie se skuld is dit? Pietie of Sannie wat saam jou werk sn? Nee! Dis jou skuld. 

So my punt is…sodra ons ophou om ander te blameer vir wat verkeerd gaan in ons eie lewens en besef dat ons self eintlik die oorsaak is…dis die dag wat jy kan se jy is nou n volwassene.

 Ek dink John Maxwell se dit baie goed in die volgende stelling:

 

“The greatest day in you life and mine is when we take total responsibility for our Attitudes. Thats the day we truly grow up.”

Advertisements

4 thoughts on “Volwaardige Volwassene…

  1. Ek stem saam met dit hier bo EN: Die dag as jy nie meer selfsugtig is nie, wanneer jy kan dink aan ander voor jy sommer net iets doen of sê. As iemand jou vra om iets te doen en jy sê jy sal…en dan doen jy dit, is “groot word”. Om wanneer jy jou gatwip, nie net seer te maak en te breek met jou woorde maar te dink aan die ander persoon en julle verhouding (vriende of familie) en hulle hart. Ouderdom het niks met being a grown up te doen nie want ek ken mense in hulle 50’s wat STEEDS nie enige van hierdie goed doen nie.

    Liked by 1 person

  2. Mens is volwasse wanneer jy kalm en beredeneerd kan bly onder moeilike omstandighede.Ook wanneer jy aanvaarding bereik oor dinge waaraan jy niks kan doen nie.
    Dan is daar werklik(ek praat uit ondervinding)wysheid met die grysheid!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s