My goed is my goed

Wat is die verskil tussen besitlik en jou goed oppas…?

In n gesprek met n vriendin die week het hulle my besitlik en jaloers genoem omdat ek nie my goed en my vriende met ander deel…

Kom ek gee 2 voorbeelde:

  1. Ek hou nie daarvan dat my vrendin met iemand praat nie…ek raak opslag kwaad as ek hoor sy en die persoon het weer kontak gehad…is ek jaloers en besitlik …of beskerm wil ek haar net beskerm? Ek beskerm haar want ek weet die ander persoon maak haar seer en gebruik haar net.
  2. As kind het ek baie lego blokkies gehad…my boetie mag nie met die blokkies gespeel het nie…want hy was 2 en het die blokkies vir die hond gevoer of in die tuin gaan begrawe.

Ja jy kan maklik dink ek is besitlik en jaloers…as jy nie die agtergrond ken nie…maar dis glad nie die geval nie…ek pas net my goed en my mense op…

Toe my broer ouer was en nie meer my legos vir die hond gevoer het en begrawe het nie…het ek en hy ure se pret saam gehad met die legos…

The moral of the story…dink mooi voor jy iemand beskuldig van besitlikheid en jaloesie…kry eers al die feite….

 

 

3 thoughts on “My goed is my goed

Leave a comment