Hoe vergewe mens jouself?

Foute…teleurstelling…mislukking…

Hoe kan jy vergifnis vra as jy jouself nog nie eers vergewe het nie?

Hoe verwag jy van ander om jou te aanvaar vir wie en wat jy is as jy nie jou teleurstellings en foute kan oorbrug en aanbeweeg nie?

Ja julle lees reg…jy moet jouself eerstens vergewe voor jy van ander kan verwag om jou te vergewe. En almal weet…dis een van die moeilikste dinge op hierdie aardbol…ons is die hardste op onsself.

Indien jy sukkel hiermee…moenie aleen voel nie. Ek sit ook in die bootjie. En nou kom vra ek raad…hoe vergewe ek myself vir foute wat ek gemaak het in die verlede wat veroorsaak het dat ek alles verloor het?

Ek sit nie op n hopie en kry myself jammer nie. Ek het geval, gelukkig teen n muur…ek het plat op my maag geval met my gesig in die modder. Ek het gelê en besef niemand gaan my kom ophelp nie, ek moet self opstaan…en ek het myself stadig maar seker teen die muur staan gemaak…ek het opgestaan en alles bekyk. En na n ruk het ek stadig maar seker weer vorentoe beweeg.

Maar met tye as ek aleen is en net in die verte staar dan raak ek weer kwaad vir myself oor die foute wat ek gemaak het en dan wonder ek…

If I can’t forgive myself how can I ask for forgiveness?

Ek probeer my eie raad volg met die prentjie wat ek gebruik…maar dis moeilik…but maybe someday…I’m not there yet…

 

 

3 thoughts on “Hoe vergewe mens jouself?

  1. Ek sukkel ook met hierdie een, miskien begin dit by die besef dat ek wel myself moet vergewe en presies wat die fout was. Daarna, hoekom kan ek nie, wat staan in die pad en gewoonlik is daar dan iets prakties wat ek kan doen (soos om te stop om so baie te drink of something), so ek moet ophou om die fout te maak of minstens prober. Ag eintlik weet ek nie

    Liked by 1 person

Leave a comment