Waar sien jy jouself…

“Oor 10 jaar sien ek myself….”

Volgens kenners moet jy die vraag kan beantwoord…want om erens te kom moet jy tog weet waarnatoe jy oppad is.

Ons almal het doelwitte of drome of mikpunte wat gebasseer is op een of ander tydstip in die toekoms. Maak nie saak of dit oor n week of n jaar is nie, dis iewers in die toekoms. 

Goed so nou het ons ons doelwitte. Wat nou? Hoe kan ons dit bereik? Heel eenvoudig…jy gaan oor tot aksie.

En dis hier waar die interessante deel inkom…dis tydens die fase wat baie mense van plan verander. Soos wat jy nader beweeg aan die eindpunt besef jy jy het ni mooi gedink toe jy jou doelwit omskryf het nie…daar kan verskeie redes wees…tyd wat jy jouself gegee het is nie genoeg nie, of jou belangstellings verander of jy verander net heeltemal van koers. Maak nie saak wat die rede is nie. Dit gebeur. Jy gaan aanpassings of verstellings moet maak of van vooraf begin…

Beteken dit nou dat jy onsuksesvol was?

Advertisements

The breakaway 

The breakaway…

sometimes its just good to get away from everyday life…
away from reality…
to a make believe perfect world where there is no worries…
where you can forget about all your problems and just relax…
It is as if you hit the pause button…
not the delete…the pause…
because as soon as you return to reality, everything you left is still there…
nothing changed…
you can just fall in where you left off…

You are my breakaway…
my escape frome reality…
you are what I need once in a while …
to stay on track…
To take a rest…
To get strength again…
To be able to face what ever life wants to throw at me…

Bark 2002 -As jy nog altyd n hond wou wees…dan is die net die fliek vir jou…

AS JY MOVIE WIL KYK MOENIE VERDER LEES NIE, EK GAAN N OPSOMMING GEE EN DIE STORIELYN DALK WEGGEE

Ek het onlangs n fliek gekyk van n vrou wat vasoortuig is sy is n hond – Ek het n paar minute gekyk en toe dog ek by myself… regtig…wie dink sulke goed uit? Maar my nuuskierigheid het oorheers en ek het die hele fliek klaar gekyk…

Peter sukkel aan die begin om Lucy se gedrag te verstaan en hy kry verskriklik skaam vir sy vrou wat vasoortuig is sy is n hond. Sy het ophou praat en blaf net, en tree presies soos n hond op. Hy kon dit net nie aanvaar nie. Hy wou sy vrou terug he… Hy try als om haar tot haar sinne te kry, kry hulp van almal af, selfs n veearts(aangesien Lucy dink sy is n hond). Almal voel soos Peter en dink dis absurd dat Lucy dink sy is n hond. Laaste uitweg is om haar te laat opneem in n Psigiatriese inrigting waar hulle haar op sterk medikasie sit sodat sy net lê…sy is basies n lyk wat asemhaal…tenminste blaf sy nie meer nie.

Die fliek eindig waar almal Lucy aanvaar vir wie en wat sy is…n mens wat blaf…of n hond vasgekeer in n mens se liggaam…hoe ookal jy dit wil stel.

Tipiese ek, het ek lank na die movie verby is nogsteeds sit en wonder oor die movie. En toe dink ek aan die volgende aanhaling:

“If at first, the idea is not absurd, then there is no hope for it.” – Albert Einstein

En toe besef ek hoe diep die movie eintlik is…alhoewel ek dink ek is die enigste een wat so sal sê.

In die lewe maak ons altyd keuses op grond van wat die norm en standaard is…

Ons is te bang om ons drome vir die toekoms te deel, want mense is maar lelike goed…hulle hoe daarvan om te lag vir iets wat hulle nie verstaan nie.  En aanvaarding deur ander is vir meeste van ons onder die top 5 vereistes van n gelukkige lewe.

Maar die spreekwoord sê wie nie waag nie sal nie wen nie…

Anatole France het gesê “To accomplish great things, we must not only act, but also dream; not only plan, but also believe.”

  • Meeste van ons kan beplan en optree,
  • Maar leef ons regtig die droom wat ons vir onself uitgestipuleer het?
  • Het ons groot genoeg gedroom
  • Het ons ooit ‘n droom?
  • Indien wel het ons n langtermyn visie wat ons sal lei na die regte eindpunt…die punt waar daai absurde droom realiteit en werklikheid word en jy nie meer omgee oor wie wat sê nie. Daai punt waar jy kan terugkyk en sê: “Dit het begin by n gedagte, n droom waarvoor almal gelag het en gesê het ek is mal. Maar kyk nou…”

Ek wil almal wat hier lees vandag uitdaag…droom groot…there is no limits oor wat jy kan droom nie. Daar is niks beter as n droom om jou op die pad te plaas na ‘n ongelooflike toekoms nie. If you can dream it…you can reach it… As Wright broers geluister het na almal wat gesê het dis onmoontlik om te vlieg, sou ons miskien vandag nog sonder vlieftuie gesit het…Hulle het die onmoontlike gedroom en toe als ingesit om dit te bereik…

Kom ons almal word soos honde vasgekeer in n menslike liggaam…impossible…maybe…maar wie weet? Droom groot…hoe groter…hoe beter…

Ek het al lankal vrede gemaak…

“Ek het al lankal vrede gemaak…ek het deel van al die kinders geraak…” Tuindwergies – Kopskudkinders

Ek het gedog mense verander met tyd…maar mense verander nie regtig nie…omstandighede bepaal jou optrede…jy sal enigiets doen of sê om te kry wat jy wil hê

Jy was nog altyd te lafhartig om te herken dat ons vriendskap n game was waaraan jy die enigste een was wat wou deelneem…in jou oë was ek deel van die res…ek was deel van die massas en die skuim op wie jy neerkyk…maar goed genoeg dat jy my kon deelmaak van jou lewe tot jou aanwins. Ek moet self sien kom klaar maar moet jou altyd help as jy hulp nodig het. Al is geld skaars sal jy steeds wil he…

Onthou net slim vang sy baas…Intelegensie is gevaarlik veral as jy dit verkeerd gebruik…jy bevraagteken bewustelik alle standaarde en voorskrifte jy hou daarvan om kanse te vat …to live life dangerously… Ek sal later slaap sodra ek klaar gesien het hoe die wiel draai en jy onder is…en hoe die waarheid sal uitkom…en dat die skuim actually jou gered het…wie laaste lag, lag die lekkerste.

As jy sukkel om die woorde te verstaan…musiek kan dalk help…hier is n song wat dit op n manier kan verduidelik… Tuindwergies – Kopskudkinders video

Hoe vergewe mens jouself?

Foute…teleurstelling…mislukking…

Hoe kan jy vergifnis vra as jy jouself nog nie eers vergewe het nie?

Hoe verwag jy van ander om jou te aanvaar vir wie en wat jy is as jy nie jou teleurstellings en foute kan oorbrug en aanbeweeg nie?

Ja julle lees reg…jy moet jouself eerstens vergewe voor jy van ander kan verwag om jou te vergewe. En almal weet…dis een van die moeilikste dinge op hierdie aardbol…ons is die hardste op onsself.

Indien jy sukkel hiermee…moenie aleen voel nie. Ek sit ook in die bootjie. En nou kom vra ek raad…hoe vergewe ek myself vir foute wat ek gemaak het in die verlede wat veroorsaak het dat ek alles verloor het?

Ek sit nie op n hopie en kry myself jammer nie. Ek het geval, gelukkig teen n muur…ek het plat op my maag geval met my gesig in die modder. Ek het gelê en besef niemand gaan my kom ophelp nie, ek moet self opstaan…en ek het myself stadig maar seker teen die muur staan gemaak…ek het opgestaan en alles bekyk. En na n ruk het ek stadig maar seker weer vorentoe beweeg.

Maar met tye as ek aleen is en net in die verte staar dan raak ek weer kwaad vir myself oor die foute wat ek gemaak het en dan wonder ek…

If I can’t forgive myself how can I ask for forgiveness?

Ek probeer my eie raad volg met die prentjie wat ek gebruik…maar dis moeilik…but maybe someday…I’m not there yet…

 

 

My goed is my goed

Wat is die verskil tussen besitlik en jou goed oppas…?

In n gesprek met n vriendin die week het hulle my besitlik en jaloers genoem omdat ek nie my goed en my vriende met ander deel…

Kom ek gee 2 voorbeelde:

  1. Ek hou nie daarvan dat my vrendin met iemand praat nie…ek raak opslag kwaad as ek hoor sy en die persoon het weer kontak gehad…is ek jaloers en besitlik …of beskerm wil ek haar net beskerm? Ek beskerm haar want ek weet die ander persoon maak haar seer en gebruik haar net.
  2. As kind het ek baie lego blokkies gehad…my boetie mag nie met die blokkies gespeel het nie…want hy was 2 en het die blokkies vir die hond gevoer of in die tuin gaan begrawe.

Ja jy kan maklik dink ek is besitlik en jaloers…as jy nie die agtergrond ken nie…maar dis glad nie die geval nie…ek pas net my goed en my mense op…

Toe my broer ouer was en nie meer my legos vir die hond gevoer het en begrawe het nie…het ek en hy ure se pret saam gehad met die legos…

The moral of the story…dink mooi voor jy iemand beskuldig van besitlikheid en jaloesie…kry eers al die feite….

 

 

Volwaardige Volwassene…

“Ek wens jy wil grootword…jy tree soos n kind op.” 

Klink die sin vir jou bekend? Ek het gedink dit sal, ja. Want almal van ons het al een of ander tyd met hierdie stelling te doen gehad…of dit nou aan die ontvangkant  of die uitdeel kant was.

As ek nou die stelling sou verander in n vraag:  

(Wanneer is jy groot of eerder Wanneer is jy volwassene?)

 Sou jy die regte antwoord kon gee?

Is daar n regte en verkeerde antwoord?

Die algemene antwoord is seker as jy n seker ouderdom bereik? Regtig? Hoekom gebeur dit dan so dikwels dat jy vir iemand van tussen 25 en 30 se: Word net groot asseblief. 

So ek dink nie ouderdom kan as n goeie maatstaf gebruik word nie…Dit kan slegs as n riglyn gebruik word.
Ja hier gaan ek al weer, vra 1 vraag en soos ek die vraag antwoord ontstaan daar net meer vrae…dis n snowball effek. 

Kom ons kyk wat is die comments wat geplaas gaan word oor wat beskou elkeen as die mees belangrikste eienskap van Volwassenheid. 

Ek sal die vraag eerste beantwoord. 

My antwoord is soos volg:

Die dag wat jy begin verantwoordelikheid aanvaar vir wat gebeur en ophou om ander die skuld te gee…dis die dag wat jy groot is.

Hou op ander te blameer vir jou foute. Hou op om ander die skuld te gee vir dit wat verkeerd loop…Take responsibility for a change en admit dat jy, en jy aleen is verantwoordelik vir jou denke en optrede. Jy is die brein agter alles. Jy is die een wat die finale keuse gemaak het…

Kom ek verduidelik dit eenvoudig:

Jy moet 8uur by die werk wees. Wat doen jy? Jy stel n reminder of n wekker of iets om jou wakker te maak. As jy nou verslaap omdat jy nie n wekker gestel het nie…wie se skuld is dit? Pietie of Sannie wat saam jou werk sn? Nee! Dis jou skuld. 

So my punt is…sodra ons ophou om ander te blameer vir wat verkeerd gaan in ons eie lewens en besef dat ons self eintlik die oorsaak is…dis die dag wat jy kan se jy is nou n volwassene.

 Ek dink John Maxwell se dit baie goed in die volgende stelling:

 

“The greatest day in you life and mine is when we take total responsibility for our Attitudes. Thats the day we truly grow up.”