Hoe vergewe mens jouself?

Foute…teleurstelling…mislukking…

Hoe kan jy vergifnis vra as jy jouself nog nie eers vergewe het nie?

Hoe verwag jy van ander om jou te aanvaar vir wie en wat jy is as jy nie jou teleurstellings en foute kan oorbrug en aanbeweeg nie?

Ja julle lees reg…jy moet jouself eerstens vergewe voor jy van ander kan verwag om jou te vergewe. En almal weet…dis een van die moeilikste dinge op hierdie aardbol…ons is die hardste op onsself.

Indien jy sukkel hiermee…moenie aleen voel nie. Ek sit ook in die bootjie. En nou kom vra ek raad…hoe vergewe ek myself vir foute wat ek gemaak het in die verlede wat veroorsaak het dat ek alles verloor het?

Ek sit nie op n hopie en kry myself jammer nie. Ek het geval, gelukkig teen n muur…ek het plat op my maag geval met my gesig in die modder. Ek het gelê en besef niemand gaan my kom ophelp nie, ek moet self opstaan…en ek het myself stadig maar seker teen die muur staan gemaak…ek het opgestaan en alles bekyk. En na n ruk het ek stadig maar seker weer vorentoe beweeg.

Maar met tye as ek aleen is en net in die verte staar dan raak ek weer kwaad vir myself oor die foute wat ek gemaak het en dan wonder ek…

If I can’t forgive myself how can I ask for forgiveness?

Ek probeer my eie raad volg met die prentjie wat ek gebruik…maar dis moeilik…but maybe someday…I’m not there yet…

 

 

Advertisements

Volwaardige Volwassene…

“Ek wens jy wil grootword…jy tree soos n kind op.” 

Klink die sin vir jou bekend? Ek het gedink dit sal, ja. Want almal van ons het al een of ander tyd met hierdie stelling te doen gehad…of dit nou aan die ontvangkant  of die uitdeel kant was.

As ek nou die stelling sou verander in n vraag:  

(Wanneer is jy groot of eerder Wanneer is jy volwassene?)

 Sou jy die regte antwoord kon gee?

Is daar n regte en verkeerde antwoord?

Die algemene antwoord is seker as jy n seker ouderdom bereik? Regtig? Hoekom gebeur dit dan so dikwels dat jy vir iemand van tussen 25 en 30 se: Word net groot asseblief. 

So ek dink nie ouderdom kan as n goeie maatstaf gebruik word nie…Dit kan slegs as n riglyn gebruik word.
Ja hier gaan ek al weer, vra 1 vraag en soos ek die vraag antwoord ontstaan daar net meer vrae…dis n snowball effek. 

Kom ons kyk wat is die comments wat geplaas gaan word oor wat beskou elkeen as die mees belangrikste eienskap van Volwassenheid. 

Ek sal die vraag eerste beantwoord. 

My antwoord is soos volg:

Die dag wat jy begin verantwoordelikheid aanvaar vir wat gebeur en ophou om ander die skuld te gee…dis die dag wat jy groot is.

Hou op ander te blameer vir jou foute. Hou op om ander die skuld te gee vir dit wat verkeerd loop…Take responsibility for a change en admit dat jy, en jy aleen is verantwoordelik vir jou denke en optrede. Jy is die brein agter alles. Jy is die een wat die finale keuse gemaak het…

Kom ek verduidelik dit eenvoudig:

Jy moet 8uur by die werk wees. Wat doen jy? Jy stel n reminder of n wekker of iets om jou wakker te maak. As jy nou verslaap omdat jy nie n wekker gestel het nie…wie se skuld is dit? Pietie of Sannie wat saam jou werk sn? Nee! Dis jou skuld. 

So my punt is…sodra ons ophou om ander te blameer vir wat verkeerd gaan in ons eie lewens en besef dat ons self eintlik die oorsaak is…dis die dag wat jy kan se jy is nou n volwassene.

 Ek dink John Maxwell se dit baie goed in die volgende stelling:

 

“The greatest day in you life and mine is when we take total responsibility for our Attitudes. Thats the day we truly grow up.”