Top secret

Image result for top secret quotes

Almal van ons het n staatsgeheim? Of daai een gebeurtenis waaror jy so embarrassed voel, dat jy dit vir niemand sal vertel nie.

Nou wonder ek net…wat gemaak as jy met iemand wil praat daaroor? Jy wil net so graag hoor dis okay jy het n fout gemaak maar jy is steeds n stunning mens. Jy sukkel om oor die skok te kom. Almal vra wat is fout en jou standaard antwoord is – ¬†moenie worry daaroor nie.

My rede hoekom ek nie my staatgeheim wil met iemand deel nie,is omdat ek bang is om mense teleur te stel. En as die storie moet uitkom by die verkeerde mense gaan ek net weereens n teleurstelling wees. So ek vertrou niemand met my gehem nie want -ondervinding het my nou al geleer, jy kan niemand volkome vertrou nie.

Sodra iemand kwaad raak is die beste revenge om die persoon vir wie jy kwaad is seer te maak.

In my geval sal dit maklik wees. Om my seer te maak moet jy net my foute uitblaker aan die wereld. So my laaste fout sal net ek van weet…dit sal saam my graf toe gaan. Dit gaan tyd vat maar ek sal oor die skok en teleurstelling kom, ek sal wel eendag weer myself in die oe kan kyk sonder om myself te verwens.

Dis n hoofstuk wat daar net een karakter in is. Dis n eensame paadjie wat ek aleen moet stap. Hopelik is dit van korte duur…en ¬†kan ek vinnig aanbeweeg na die volgende hoofstuk.

I made a mistake, but I learned my lesson out of it…and with time I will be able to forgive myself…but I’m not ready to do that yet. I’m still angry with myself…

Advertisements